Wednesday 30 September 2015

Diere is my alles

Bekendstelling
Gedurende die laaste twee weke het mense my gevra hoekom wil ek n blog oor troeteldiere wil skryf?
Wel, my antwoord was “Daar is geen manier hoe ek kan nie oor hulle skryf nie”
Toe ek klein was het ek altyd belangstelling getoon in diere. 
Wanneer my Ma en tannie my uitgevat het, het ek altyd gehunker om na die dieretuin toe 
te gaan en die diere te voer.
Dit is hier waar my liefde vir diere onstaan het.
Vandag spandeer ek my tyd by my deeltydse werk met diere.
By my werk verkoop ons honde en katte kos, versorgings produkte. 
Ons het ook 'n salon en bied diere troetel dienste aan. 
Ons bied deienste soos nael versierings, oor skoonmaak en spesiale honde sny.
By my werk gee ek ok voetsel advies.
Ek is baie lief vir my deelstydse werk wat ek doen omdat ek die mooiste en vriendelikste honde ontmoet. 
Hulle almal het n baie spesiale plek in my hart.
Ek is 'n eienaar van twee Golden Retrievers en ek is verskriklik lief vir hulle.
As ek vir hulle nou loop deur die park of 'n aanbied na 'n verrassing ,is daar geen gevoel soos om na
jou troeteldier se oë te kyk en kry 'n liefdevolle staar terug . <3