Friday 9 October 2015

Gino se besoek aan die Salon




Gino is een van ons baie spesiale kliente by die Kenridge tak van Posh Paws. Gino is 'n medium grote reun wat gekenmerk word aan sy vierkantige voorkoms, lang slender bene en sy pragtige wit krullerige pels.

Almal in die diere salon is baie opgewonde toe Gino se eienaar die afspraak gemaak het en Jonice, die diere versorger het baie uitgesien om vir Gino te pamperlang. 

Toe Gino die oggend arriveer, het Jonice hom onmiddelik 'n lekker warm bad gegee. Na gelang van die uitdrukking op Gino se skuim verbloemde gevreetjie, kon ons sien dat hy die bad terdeё geniet. Kort daarna het Jonice, Gino se pels droog geblaas. Met 'n staal borsel het Jonice begin om Gino se hare uit te kam wat 'n bietjie gekoek was. Dit was beslis nie Gino se gunstelling deel van die pamperlang sessie nie.





Daarna het Jonice die hare in n stylvolle teddie beer styl gesny. Gino was so tevrede, hy het onmiddelik, sy stert geswaai en daarna met 'n stylvolle en elegante stappie die winkel verlaat met sy eienaar.



Almal was baie bly dat die afspraak goed verloop het en dat die spesiale klient, Gino en sy eienaar, die salon baie tevrede verlaat het.

No comments:

Post a Comment