Wednesday 21 October 2015

'n reflektiewe skryfstuk

Toe ons dosent vir ons die taak gegee het om ‘n blog te skep was my aanvanklike gevoel senuweeagtigheid en angs. Ek was senuweeagtig om ‘n werk opdrag vir die blog te skryf, en angstig oor hou die lesers op die internet die skryfstuk sal ontvang. Nadat ek my eerste skryfstuk gelaai het was ek aangenaam verras met die hoeveelheid mense wat na my blog gekyk het. Dit het my selfvertroue ‘n hupstoot gegee.

Ek het besef dat die blog skryfstyl anders is as die van ‘n akademiese opstel.  Beide skryfstyle is professioneel maar verskil met betrekking tot die kreatiewe aspekte. Behalwe die interessante skryfstyl het die blog my toegelaat om fotos te neem en dit saam met die skryfstuk op die blog te laai.

My ervaring van ‘n blog is dat dit ‘n plek van kreatiewe uitlaating is, asook ‘n bron van inkomste deur middel van advertering op die blad. Met die hulp van borge kan ‘n professioneele skrywer ‘n loopbaan van “blogging” maak.

My droom was om ‘n bewusmakingsveltog te loots om mense bewus te maak van diere versorging. Terselfdetyd het ek ook aandag aan die Posh Paws salon en die werkers gebring en dus my droom bewaarheid.





No comments:

Post a Comment