Wednesday 21 October 2015

'n reflektiewe skryfstuk

Toe ons dosent vir ons die taak gegee het om ‘n blog te skep was my aanvanklike gevoel senuweeagtigheid en angs. Ek was senuweeagtig om ‘n werk opdrag vir die blog te skryf, en angstig oor hou die lesers op die internet die skryfstuk sal ontvang. Nadat ek my eerste skryfstuk gelaai het was ek aangenaam verras met die hoeveelheid mense wat na my blog gekyk het. Dit het my selfvertroue ‘n hupstoot gegee.

Ek het besef dat die blog skryfstyl anders is as die van ‘n akademiese opstel.  Beide skryfstyle is professioneel maar verskil met betrekking tot die kreatiewe aspekte. Behalwe die interessante skryfstyl het die blog my toegelaat om fotos te neem en dit saam met die skryfstuk op die blog te laai.

My ervaring van ‘n blog is dat dit ‘n plek van kreatiewe uitlaating is, asook ‘n bron van inkomste deur middel van advertering op die blad. Met die hulp van borge kan ‘n professioneele skrywer ‘n loopbaan van “blogging” maak.

My droom was om ‘n bewusmakingsveltog te loots om mense bewus te maak van diere versorging. Terselfdetyd het ek ook aandag aan die Posh Paws salon en die werkers gebring en dus my droom bewaarheid.





Friday 16 October 2015

Verhalende Skryfstuf



Ek onthou die dag asof dit gister gebeur het. My eienaar het vir my 'n afspraak by die diere salon gemaak. Ek was so opgewonde en ek kon nie wag vir Joe om vir my ‘n pragtige haar styl te sny nie.

Joe was baie besig en onder druk omdat daar baie kliente vir hom gewag het. Gedurende die skeur proses, het ek ‘n skerp pyn op my oor gevoel. Ek het bloed sien drup en het besef dat ek raak geskeur was. Ek en my eienaar was ontsteld en ons het onmiddelik die salon verlaat. Ek wou nooit weer na ‘n salon gaan as gevolg van my vrees dat ek weer seer gemaak sou word nie. My eienaar het my oor die jare self geskeur. 




Jare, daarna, toe my eienaar siek was, het sy vrou my na Posh Paws geneem. Ek was baie bang en anstig. Klara, die diere versorger was baie vriendlik en het my sagkens hanteer. Sy het my hare geskeur sonder einge insidente. Ek was baie verlig en aangenaam verras.

Toe ek die salon verlaat was ek nie meer bang nie en het besef dat ek nie iemand op sy baadjie moet takseer nie.




Friday 9 October 2015

Gino se besoek aan die Salon




Gino is een van ons baie spesiale kliente by die Kenridge tak van Posh Paws. Gino is 'n medium grote reun wat gekenmerk word aan sy vierkantige voorkoms, lang slender bene en sy pragtige wit krullerige pels.

Almal in die diere salon is baie opgewonde toe Gino se eienaar die afspraak gemaak het en Jonice, die diere versorger het baie uitgesien om vir Gino te pamperlang. 

Toe Gino die oggend arriveer, het Jonice hom onmiddelik 'n lekker warm bad gegee. Na gelang van die uitdrukking op Gino se skuim verbloemde gevreetjie, kon ons sien dat hy die bad terdeё geniet. Kort daarna het Jonice, Gino se pels droog geblaas. Met 'n staal borsel het Jonice begin om Gino se hare uit te kam wat 'n bietjie gekoek was. Dit was beslis nie Gino se gunstelling deel van die pamperlang sessie nie.





Daarna het Jonice die hare in n stylvolle teddie beer styl gesny. Gino was so tevrede, hy het onmiddelik, sy stert geswaai en daarna met 'n stylvolle en elegante stappie die winkel verlaat met sy eienaar.



Almal was baie bly dat die afspraak goed verloop het en dat die spesiale klient, Gino en sy eienaar, die salon baie tevrede verlaat het.

Wednesday 30 September 2015

Diere is my alles

Bekendstelling
Gedurende die laaste twee weke het mense my gevra hoekom wil ek n blog oor troeteldiere wil skryf?
Wel, my antwoord was “Daar is geen manier hoe ek kan nie oor hulle skryf nie”
Toe ek klein was het ek altyd belangstelling getoon in diere. 
Wanneer my Ma en tannie my uitgevat het, het ek altyd gehunker om na die dieretuin toe 
te gaan en die diere te voer.
Dit is hier waar my liefde vir diere onstaan het.
Vandag spandeer ek my tyd by my deeltydse werk met diere.
By my werk verkoop ons honde en katte kos, versorgings produkte. 
Ons het ook 'n salon en bied diere troetel dienste aan. 
Ons bied deienste soos nael versierings, oor skoonmaak en spesiale honde sny.
By my werk gee ek ok voetsel advies.
Ek is baie lief vir my deelstydse werk wat ek doen omdat ek die mooiste en vriendelikste honde ontmoet. 
Hulle almal het n baie spesiale plek in my hart.
Ek is 'n eienaar van twee Golden Retrievers en ek is verskriklik lief vir hulle.
As ek vir hulle nou loop deur die park of 'n aanbied na 'n verrassing ,is daar geen gevoel soos om na
jou troeteldier se oë te kyk en kry 'n liefdevolle staar terug . <3